![]()
en français |
en español |
auf Deutsch
Bekendstelling van ons nuwe tydskrif |
JHWH is ons GOD, JHWH Alleen
Calendar does not work correctly in Internet Explorer.
Ons bring die Goeie Nuus
sedert 1985! |
||
|
|||
Die volgelinge van Jeshua het hom nie aanbid nie en ook nie na hom opgesien vir hulle redding nie. Hulle het nie weggedraai, bygesit of weggeneem van God se Tora nie. Hulle het alleenlik die God van Israel aanbid. In 'n tyd toe te veel van die Joodse elite van die heidense praktyke begin toepas het en God se Tora begin skik het na hulle omstandighede of heeltemal die wet oorboord gegooi het en 'n lewe gemaak het deur die armes uit te buit soos wat die heidene gedoen het, het Jeshua gekom met 'n boodskap van God. Soos die profete voor hom, het hy die oortreders uitgewys, en gevra vir berou en 'n terugkeer na die Tora as die weg na reg en geregtigheid.
Een man het die sluier van die wereld
gelig om te sien en te leer dat daar alleenlik een God, Sy Verbond en die
mense van Sy verbond is, en dat hierdie verhouding enige tyd herstel kan
word. Dit is in afwagting om oop te bars wanneer die mense besluit om God
se Regering te aanvaar instede van korrupte konings, priesters en
onderhoriges van die heidense status quo gedryf deur hebsug, rykdom en
uitbuiting. As ons God se Tora binne-in ons dra - die Verbond hernu en in
ons hart skryf - en al die ander gesag as ongeldig en oneg verwerp word,
dan sal dwang, geweld, hebsug, uitbuiting, ongeregtigheid, valsheid en
selfs regering wegval soos skubbe van ons oë. Die seëninge in die Verbond
sal verwesenlik word, Israel sal die lig van al die heidene word, en hulle
sal ook tot die God van Israel draai. Op hierdie manier, sal elke mens 'n
gesalfde van God wees, net soos hy was, en die gees van heiligheid - die
hart oopgemaak vir die Skepper van die heelal en Sy wonderlike skepping,
wereld binne werelde, wereld sonder einde - sal ons lei om die wereld te
herstel en as vennote van God die wereld te onderhou soos 'n tuin. Hierdie
man, Jeshua, die seun van Josef en Miriam, was 'n profeet wat geprofeteer
het van God en Sy weg om ons te red van 'n planeet sonder 'n verhouding
met Hom, en die profesie was aangegryp deur die uitgebuite armes (ebioniete)
wat uitgeroep het vir God se geregtigheid. Na sy anti-regerings leringe
hom 'n bedreiging vir die gesaghebbende regering van Rome gemaak het, was
hy ge-arresteer en tereggestel soos met meeste opstandiges. Sy beweging
het aangegaan na sy dood, gelei deur 'n paar nabye volgelinge en sy broer
Jakob (Latyns - Jakobus) in ekonomiese ko-operatiewe gemeenskappe, in
gedagtenis en verering aan Jeshua as hulle gesalfde leraar, profeet en
martelaar. Hierdie was 'n Joodse beweging in elke opsig. (Die Ebioniete
van vandag is nog steeds wetsgehoorsame Jode wat besny is volgens die
Verbond met God). Toegeneende mense word in hiedie dae ingelig deur die Ebioniete, wat Jeshua se ware roeping is, en waarsku teen die vals geloof wat deur Paulus van Tarsus en ander bedrieërs ingestel is asook die kultuur wat rondom hierdie leuens ontwikkel het. Ons is nie rabbyns, of Karaities of messiaans nie, maar respekteer alle vorme van Jawisme (dit is, die geloof in een enkele God wie se Naam Jawê is). In der waarheid moedig ons Jode aan om Joods te bly, maar ons lei heidene om hulle self aan die Geloof van Israel te bind, maak nie saak of dit rabbyns, Karaities of Ebionieties is nie. (En vele het dit al gedoen!) Ons bied ons fraiingsrand van ons togas aan, aan die heidene wat die God van Israel en Sy heilige Tora soek, en ons verydel die christelike dissipels van Paulus wat Jode en ander met hul sendingswerk bedien. Ebioniete is nie gnosties nie, moenie mislei word deur die onkundiges nie. Ons benadering is om te wys
dat Jeshua 'n goeie en geregverdige man was wat sosiale hervorming, berou en
bekering te weeg wou bring om sodoende die Messias en die Ryk van God tot
stand te laat kom - nie 'n heidense god-man menslike offer nie. Sulke onsin
is presies die teenstellling van wat Jeshua voor gestaan en onderrig het.
Ons sê dit nie om enige ander geloof te veroordeel nie. Nog minder glo ons
dat mense van ander gelowe "vervloek" is. Ons wil eerder Jeshua se boodskap
herhaal van berou in voorbereiding vir die onvermybare dag wanneer God sal
regeer en almal geseënd sal wees. Christendom en Islam is nie gelowe van God
nie. Maar Christendom en Islam kan, met die genade van God, prosesse word
waar heidene van God kan leer en vorder tot die Jawistiese geloof. As
godsdienste insigself word groot euwels gedoen. Byvoorbeeld die dood van
miljoene Jode en ander mense, insluitend die probeerslag tot volksmoord van
die groot-slagting (holocaust), was die direkte resultaat van Christendom en
die Christelike kultuur. Baie Moslems sou 'n nuwe groot-slagting wou laat
plaasvind as hulle nie verhinder word nie. Die oplossing vir sulke euwels is
die be-eindiging van beide Christendom en Islamisme so wel as enige tipe van
heidendom. Jeshua het gestry teen die skynheiliges, wat geëis het dat hulle. God verteenwoordig het, in sy eie tyd. Hy het opgekom vir slagoffers en was self een, en is nog steeds een terwyl sy boodskap verdraai word deur Christene wat voorgee hulle is sy volgelinge net om die magtiges te dien en die onkundiges onreg aan te doen. Maar Jeshua se boodskap is en was ' God alleen sal regeer ; keer terug na God'. Ons glo volkome in die
boodskappe van die profete voor Jeshua:
|
|||
| Site Index | Bible | |
| Our Mission | Tracts | |
| History | Articles | |
| Library | Zikkaron | |
| Glossary | Fonts | |
| Search Site | Translations | |
![]() |
|
Support the Work of This Community
Click to join the Ebionite Email List.
You must accept List Policy.
E-mail: commentsOUT@OUTebionite.org
Important!! Please remove the word OUT from the address
before sending your message!
Copyright © 1998-2005 Ebionite Community. All rights reserved.